Wat is Filaflooi?

Filaflooi is kinders en filaflooi is Afrikaans! Ons het ‘n kinderklere-reeks met Afrikaanse kinderrympies daarop – ons ouderdomme strek van 1-2 jaar tot en met 5-6 jaar.

In die t-hempies gee ons uiting aan ons passie vir Afrikaans. Ons ‘leer ou woorde kantel tot ‘n nuwe samesyn, sodat hul dan presies bepaalde vreugdes wek...’ (NP van Wyk Louw).

Dit is wat ons doen! Ons skep deur ‘ou woorde’ uit kinderrympies bepaalde vreugdes vir die leser daarvan. As ons iets kan bydra tot ‘n nuwe geslag kinders se bewustheid van hoe mooi Afrikaans is en hulle kan trots maak op hulle taal, sal dit vir ons ‘n groot pluimpie wees.

Filaflooi is die resultaat van die saamspan van twee vennote, Helena en Unita. Hulle het filaflooi in Februarie 2008 begin. Na drie jaar van heerlik kreatief wees, het hierdie vennootskap ontbind weens die feit dat filaflooi meer aandag nodig gehad het as was Helena en Unita (albei met klein kindertjies) kon gee. Juliana Roussouw koop filaflooi oor in Januarie 2011.

Hoekom Filaflooi?

filaflooi klink soos kind-wees en is ook ‘n tipies Afrikaanse woord. Die naam is ‘n speling op die woord ‘filafooi’ wat in ou kinderrympies voorkom. Ons spel dit graag met ‘n klein lettertjie om dit meer kinderlik te maak.

Waar kan jy Filaflooi produkte kry?

Dis maklik! Kyk hier op ons webwerf onder ‘kontak ons’. Is daar dalk ‘n agent naby jou? Skakel haar dan by die kontakbesonderhede wat ons verskaf.

Daar is ook winkels wat filaflooi produkte aahou, sien asseblief die lysie op die ‘produkte’ bladsy van hierdie webwerf. Anders kan jy ook direk aan ons ‘n e-pos stuur (sien die kontakbesonderhede onder ‘kontak ons’) en ons kom so gou moontlik terug na jou.

(Versendingkoste is van toepassing op alle posbestellings en sal tot jou rekening gevoeg word.)