Filaflooi Nuusbrief

Augustus 2009

In hierdie uitgawe:

  1. Kyk uit vir Filaflooi by hierdie Kersmarkte!
  2. Winteruitverkoping
  3. Afrikaans is 'n kreatiewe en lewendige taal!

Hulle sê dat Lentedag hierdie jaar uitgestel is na 1 Oktober! Die koue is nog so met ons in die Wes-Kaap, dat 'n mens dit goed kan glo. Dit was stil die afgelope tyd hier by Filaflooi – nie as gevolg van 'n gebrek aan belangstelling van julle kant af nie; beslis nie...! Dis meer of die koue ons 'n bietjie laat voel het om te hiberneer. Ek (Helena) is pas 17 weke swanger met nommer drie en dit voel asof die normale dinge in staaaadige aksie rondom my gebeur – gelukkig kan ek dit en die vergeetagtigheid op die nuwe baba blameer! Ons hoop om DV die nuwe aankomeling ('n pienketjie?) in Januarie in ons gesin te verwelkom.

1. Filaflooi by Kersmarkte

Ons is baie opgewonde ook ons Kersmark seisoen wat op hande is. Ja-nee, daar lê nog groot werk voor! Maar dit is wonderlike blootstelling en ons geniet dit vreeslik om terugvoer van julle te kry. Laat weet gerus as jy ons raakgeloop het by 'n Kersmark in jou omgewing. Hier kan julle gaan soek:

CY Market (Alba Gasteplaas) 30 September tot 4 Oktober 2009
Gifts in die Paarl (Klein Nederburg) 21 – 24 Oktober 2009
Kamers vol Geskenke (28 Oktober – 1 November 2009)
Stellenberg Kersmark ( 21 Oktober tot 4 November 2009)
Worcester Kersmark (26 November tot 5 Desember)

2. Winteruitverkoping

Ons het 'n spesiale aanbod vir jou. Koop twee langmou hempies teen R75 elk en kry 'n derde een teen slegs R45! Hierdie aanbod is slegs by Helena beskikbaar. E-pos haar by helena@filaflooi.co.za.

Doen gerus ook navraag oor die beskikbaarheid van ons nuwe rympie. Hy gaan so:

oupa het ‘n soettand net soos ek
ons albei hou van bak uitlek
ons is mal oor vleisie braai
oupa sê ek het sy hart geskaai!

Dit was weer Marietjie Nel wat vir ons hierdie oulike rympie geskryf het. Ons is besig om te werk aan 'n rympie spesiaal vir die Oumas!

3. Is Afrikaans bedreig?

In die Wes-Kaapse koerante is die debat oor Afrikaans steeds aan die gang. Iets wat ons aan die dink gesit het, is Lizz Meiring se antwoord op die hele kwessie. Sy skryf, nee, bepleit liewer, dat Afrikaans 'n kreatiewe en lewendige taal is – ons moet net na geleenthede soek om dit aan die mensdom te wys! Miskien moet elkeen van ons dink hoe ons ons kinders kan lief maak vir hulle moedertaal. Want as hulle kreatief is en Afrikaans werklik laat lééf, dan kan ons taal mos nie 'n stadige dood sterf nie.

Hier is ‘n paar idees:

Stuur gerus hierdie e-nuusbrief aan vir jou vriende en familie met 'n passie vir Afrikaans en kinders. As jy hierdie nuusbrief deur middel van 'n aanstuur ontvang het, registreer op ons webwerf www.filaflooi.co.za om dit gereeld te ontvang.

As jy nie meer hierdie nuusbrief wil ontvang nie, stuur asb. ‘n e-pos na inligting@filaflooi.co.za met die woorde "kanselleer nuusbrief" in die onderwerpreël.

Ons is terug in September. Groete!

Helena Bester en Unita Slabber