Produktereeks

T-hempies

filaflooi-hempies is in 'n verskeidenheid van kleure en rympies beskikbaar. Sien die fotos op ons fotogallery vir 'n aanduiding.

Groottes

6-12 maande, 1-2 jaar, 2-3 jaar, 3-4 jaar, 4-5 jaar en 5-6 jaar.

Die groottes wat hier weergegee word is ware groottes. 'n 3-4 jaar t-hempie sal dus pas vir 'n normale grootte kind tot 4 jaar oud.

Groter groottes is van tyd tot tyd beskikbaar, kontak ons gerus om te hoor of ons in voorraad het.

Die t-hempies is in kort- en langmou te kry.

Kleure

(Sien fotogallery vir aanduiding van die kleure.)

Babapienk, babablou, khaki, wit, donkerblou (navy) en olyfgroen.

Hekelreeks

Ons hekelreeks is uitverkoop! Die reaksie was ongelooflik en daarom is ons alweer hard aan die werk aan 'n nuwe besending. Registreer asseblief vir ons nuusbrief indien jy belangstel in hekelkleertjies - ons sal deur middel van die nuusbrief laat weet wanneer ons weer voorraad beskikbaar het. (Sien die registrasieblokkie op die tuisblad).

Rympies

'aspatat'

ienkel dienkel dalie-kind
hardloop soos die wilde wind
hier gedraai en daar geswaai
en binne-in my hart gewaai
- alba bouwer

vang vir jou ‘n vlinder
en hou hom saggies vas
droom die mooiste drome
wat by ‘n vlinder pas
- alba bouwer

my pappa ry ‘n vier-by-vier
my mamma kook en sing
my boetie is ‘n warrelwind
ék doen my eie ding!
- helena bester

teddie is my lieweling
hy ruik soos lekkergoed
as hy teen my rug kom lê
dan slaap ek gou en soet
- alba bouwer

What are little girls made of?
Sugar and spice and all things nice
That's what little girls are made of.

Dames groottes in klein, medium en groot.

moenie slaap nie, kyk!
agter die gordyne begin die dag dans
met 'n pouveer in sy hoed.
- ingrid jonker

'n vrou is 'n vrou is 'n vrou
my land vol katoen
vir 'n hand vol vrou
en die koring deel ons
tussen my en jou
- pieter smit

wees jy die pad waarlangs ek weer
kaalvoet oor die dubbeldorings loop
na waar die varing en die varkblom groei
die gousblom kranse oor die velde knoop
- ingrid jonker